
=====================================================================
Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nederland leer kinders die waarde van lees

Gawie Keyser   verklap uit Amsterdam hoe die Nederlanders te werk gaan om van hul kinders boekwurms te maak. Gerald Davids   het in die 
September uitgawe 'n pleidooi gelewer vir soortgelyke veldtogte in Suid-Afrika.

IN Nederland lyk dit soos 'n paradys as 'n mens na al die projekte kyk wat daarop gerig is om lees te bevorder. So intens is die strewe om 
mense aan te spoor om van kindsbeen af te lees, dat iemand wat n dit alles nog nie een boek n die ander verslind nie, nouliks denkbaar 
is.

Ondanks groot verskille tussen Nederland en Suid-Afrika is daar meer ooreenkomste op die gebied van leesbevordering as wat verwag sou word.

Die "Stichting Lezen" stel hom byvoorbeeld op die standpunt dat die reeds ho persentasie lesers in Nederland nie beteken dat die situasie 
bevredigend is nie. Die stryd om mense aan die lees te kry, en aan die lees te hou, duur voort.

Uitstekende moontlikhede vir samewerking tussen Suid-Afrika en Nederland bestaan op die gebied van leesbevordering. Mev. Marieke Sanders-
ten Holte,   direkteur van die Stichting Lezen, meen samewerking met Suid-Afrika kan dieselfde vorm as di tussen Nederland en Vlaandere 
aanneem indien dit ook in die kader van die Nederlandse Taalunie plaasvind. Die Taalunie se betrokkenheid maak dit moontlik dat die 
stigting ook buite Nederland aktief kan wees.

Op 'n werkbesoek sowat 'n jaar gelede aan Suid-Afrika het dit mev. Sanders opgeval dat daar 'n aantal goeie inisiatiewe bestaan om lees in 
swart woonbuurte te bevorder.

"Die leergierigheid van die kinders het my getref. Dit was opvallend dat hulle die biblioteke vir studie gebruik het. Vir hulle was dit 'n 
oase van rus. Terselfdertyd was dit duidelik dat daar 'n groot gebrek aan boeke was. Boonop was baie boeke erg verouderd."

Die stigting is in 1988 deur die private sektor opgerig. In 1994 het die Nederlandse departement van onderwys, kultuur en wetenskappe die 
stigting as "nasionale platform vir leesbevordering" aangewys. Hiermee het die owerheid in werklikheid die praktiese uitvoering van 
programme vir leesbevordering "geprivatiseer".

Stichting Lezen adviseer die owerheid oor leesbevordering. Dt sluit in 'n besteding van sowat R12 miljoen wat jaarliks ten behoewe van 
leesbevordering in die landsbegroting opgeneem is. Die stigting werk nou saam met biblioteke, boekeverkopers, uitgewers, tydskrifte en 
koerante, universiteite en uitsaai-organisasies. Naas die nasionale owerheid bestaan nou bande met provinsiale en munisipale owerhede.

Organisasies wat by leesbevordering in Nederland betrokke is, is die stigtings "Collectieve Progaganda voor het Nederlandse Boek" (CPNB), 
"Schrijvers, School en Samenleving", en "Stichting Krant in de Klas".

Met die jaarlikse "Kinderboekenweek" slaag die CPNB byvoorbeeld uitstekend daarin om kinders en ouers in die hele land met jeugliteratuur 
in aanraking te bring. 'n Belangrike vereiste vir die stigting se medewerking aan leesbevorderingsprojekte is dat verskeie instellings 
daaraan deelneem. Sodoende het projekte groter slaankrag en word die kans op blywende invloed verhoog.

Projekte waaraan die stigting meewerk, is onder meer om kinders tot 6 jaar uit 'n omgewing met 'n minder ontwikkelde leeskultuur 'n beter 
kans te gee om met boeke in aanraking te kom; informeel lees op laer skole (sowel stil- as voorlees); die lees van posie deur kinders in 
wedstryde; die wek van belangstelling vir literatuur onder horskoolleerlinge en aandag vir skoolbiblioteke en boekebesit tuis; 
leesbevorderingsprogramme oor radio en televisie; en die oprig van leeskringe, ook vir immigrante in Nederland.

Nederland is een van die welvarendste lande ter wreld. Eienaardig genoeg is juis di rykdom een van die oorsake daarvan dat mense steeds 
minder lees.

Mev. Sanders verduidelik dat Nederlanders die laaste jare weens die welvaart steeds meer vrye tyd het, maar terselfdertyd is daar meer 
moontlikhede hoe om die tyd te bestee. Mense is mobieler, hulle gaan meer uit en ander aktiwiteite soos die elektroniese en die massamedia 
neem baie tyd in beslag.

"Dit het daartoe gelei dat veral hor opgeleide mense minder lees," s sy.

Daarby het ondersoek laat blyk dat sowat 30 persent van die Nederlandse bevolking geen boeke lees nie. Jong mense en laer opgeleides lees 
die minste. Kinders jonger as 12 jaar lees "redelik baie" -- slegs 4 tot 8 persent van hulle lees geen boeke in hul vrye tyd nie. Tussen 8 
en 10 persent laerskoolkinders leer nie om vlot te lees nie. Hier kan die vraag gestel word of leerkragte die doeltreffendste metodes 
aanwend.

Mev. Sanders s: "Ouer leerlinge lees minder, omdat hulle toenemend die waardes en norme van hul vriende aanneem en nie di_ van hul ouers 
nie. Verder kom ouer kinders makliker in aanraking met die elektroniese media, wat daartoe lei dat hulle minder tyd vir lees het."

Die stigting vind dat dit van groot belang in 'n gesin is dat voorgelees word en kinders die plesier van lees ervaar. Om dt te bevorder is 
die Nasionale Voorleesdag georganiseer. Duisende skole neem hieraan deel en dit moet uiteindelik 'n nasionale voorleeskampioen oplewer. Die 
doel met di dag is om daarvoor te sorg dat voorlees op skool deel van die daaglikse program bly, en dat dit nie ophou sodra kinders leer 
om self te lees nie.

Volgens mev. Sanders is die leesomgewing van kinders ook uiters belangrik. Skoolbiblioteke in Nederland moet beter versamelings kry wat 
soepeler by die vakpakkette van die leerlinge aansluit. Die biblioteke moet ook deeglik van die elektroniese media gebruik maak.

"Boekenpret" (kinders van 0 tot 6 jaar), 'n praktiese voorbeeld van 'n leesbevorderingsprojek, bevat allerlei aktiwiteite om kinders die 
plesier van lees te laat ontdek, om hul leesomgewing te verbeter en om ouers bewus te maak van die belang van voorlees. Hierby word onder 
meer 'n opgroeiboek, 'n prenteboekkursus vir ouers en kassetbandjies met eenvoudige kinderliedjies gebruik.

"Fantasia" is 'n leesplan vir laer skole wat in die leerplan opgeneem word. Die uitgangsp'nt is dat wanneer kinders tuis met lees, voorlees 
en boeke in aanraking kom, dit 'n positiewe uitwerking op hul leesgedrag het. Waar leesonderwys baie aandag aan tegnies en begrypend lees 
bestee, word met die projek beoog dat leesplesier en leesbelewing gereeld ook in die klas aan die orde kom. Hiervoor word twee uur per week 
opsy gesit. By "Fantasia" berus alles by die samewerking tussen skole, biblioteke, boekhandels en ouers.

In sy "Beleidsplan Leesbevordering 2000" verklaar die Stichting Lezen dat hy hom in die komende jare veral op kinders van 0 tot 18 jaar wil 
rig. Kinders en jeugdiges moet sowel tuis as op skool 'n leesomgewinggebied h wat 'n positiewe houding jeens lees kweek.

Die jongstes (tot 4 jaar) moet spelenderwys met lees in aanraking gebring word; ouers en leerkragte moet baie meer voorlees; kinders tot 12 
jaar moet meer gevarieerd lees en die belangstelling vir lees onder 13/14- jariges moet behou word. Jeugdiges (15 tot 18 jaar) moet 
geprikkel word om meer verkennend te lees en hulle moet veral leer om voorkeur aan gehalte te gee. Daarnaas wil die stigting meer doen om 
sterker uitwisseling tussen gesinne en skole tot stand te bring. Gawie Keyser   is 'n vryskutjoernalis in Amsterdam.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5116.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

